Photo GalleriesSport
Oud-Parysenaar op pad na Wêreldkampioenskap
Hein van der Walt, oudleerling van Parys wat in 2015 hier gematrikuleer het, het op 29 Januarie vanjaar aan die Ironman 70.3 kragmeting in Oos-Londen deelgeneem en ’n skitterende derde plek met sy eerste poging behaal. Hein was al op skool ’n kranige driekampatleet met baie potensiaal. Ná sy Ironman 70.3 prestasie het hy nou gekwalifiseer vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe in Amerika later vanjaar. Ironman Durban lê ook nog vir hom voor gedurende hierdie jaar en Hein hoop om daar ook ‘n “podium” te verwerf. Sou hy suksesvol wees, wag die Wêreldkampioenskappe gedurende 2018 ook vir hom. Dit sal in Suid-Afrika gehou word.

Hein van der Walt, oudleerling van Parys wat in 2015 hier gematrikuleer het, het op 29 Januarie vanjaar aan die Ironman 70.3 kragmeting in Oos-Londen deelgeneem en ’n skitterende derde plek met sy eerste poging behaal. Hein was al op skool ’n kranige driekampatleet met baie potensiaal. Ná sy Ironman 70.3 prestasie het hy nou gekwalifiseer vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe in Amerika later vanjaar. Ironman Durban lê ook nog vir hom voor gedurende hierdie jaar en Hein hoop om daar ook ‘n “podium” te verwerf.
Sou hy suksesvol wees, wag die Wêreldkampioenskappe gedurende 2018 ook vir hom. Dit sal in Suid-Afrika gehou word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



