Noordwes rolbal se enkelspelkampioene hierdie naweek gekroon
Noordwes rolbal se enkelspelkampioene hierdie naweek gekroon


Noordwes rolbal se enkelspelkampioene word hierdie naweek by Klerksdorp rolbalklub gekroon. Die seksiewenners pak mekaar Saterdag om 09h00 en die tweede ronde vind ook Saterdag plaas om 11h00. Sondag is dit die beurt van die halfeindrondes om 0900 met die finaal om 11h00. Die mans en vroue speel gelyktydig.
Klerksdorp se mans staan sterk onder die seksiewenners met 9 verteenwoordigers: Jurie Erwee, Henry Peens, Anton Grobler, Errol Booth, Wimpie Viljoen, Piet Croucamp, Pikkie Loots, Mornè Kretschmer en Tinus Crous. Rudi Jacobs, Jaco Nel en Raymond Laubscher verteenwordig Parys en Johan Delport en Theuns Botha is daar vir die Buiteklub (PCC). Die twee goeie vriende van Zeerust, Gene Hill en Chris Nicolaou gaan meeding Johan van der Heever (Sannieshof), Kenny Matsheko, Schalk van der Merwe (Lafarge) en Charl de Klerk van Fochville voltooi die lys.
Gustelinge moet wees Rudi Jacobs van Parys en Tinus Crous van Klerksdorp met Gene Hill van Zeerust ‘n gevaarlike buiteperd.
In die vroue enkelspel het Klerksdorp en PCC vier seksiewenners elk. Hulle is: Klerksdorp: Anina Neethling, Rene de Jager, Jillian Booth, en Dalene Peens . PCC se deelnemers is Chantelle en Lezandri Hildebrand, Riekie Broodryk en Sega Mokoto. Parys word verteenwoordig deur Lazuya Serfontein en Madelyn Venter. Die ander drie deelnemers is Alida Roussouw van Fochville, Natasha Herbst van Lafarge en Rhonda Kallis van Potchefstroom Dorp .
Gustelinge is Jillian Booth en Sega Mokoto met Lazuya Serfontein ‘n besliste aanspraakmaker.




