Local news

Swaar reën vir die naweek voorspel

Wees versigtig indien jy moet ry wanneer dit reën

Swaar reën met erge donderbuie word hierdie naweek vir die Noordwes en Vrystaat voorspel.

‘n Geel vlak 4 waarskuwing van erge donderstorms met moontlike skadelike winde, groot hoeveelhede klein hael, oormatige weerlig en swaar reënbuie is vir Sondag, 5 Januarie deur die Suid-Afrikaanse weerdiens vir groot dele van die Noordwes en Vrystaat uitgereik.

Hierdie swaar weer kan moontlik lei tot oorstromings van vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe, gelokaliseerd skade aan formele en informele nedersettings en infrastruktuur, en moeilike rytoestande weens gladde paaie.

Reën van 50 tot 70mm kan in sommige gebiede uitsak.

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees, hulle hoofligte aan te skakel, ‘n veilige afstand te handhaaf en nie oorstromende laagwaterbrûe te probeer oorsteek nie.

Foto: Suid-Afrikaanse weerdiens.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button