NewsNews

Dit gaan iets wees om nie te vergeet

Is jy een van daardie mense wat met die maan gepla is? Wel, vanaand mag jy maar alles op sy skuif en na die skouspelagtige ‘vertoning’ van die supermaan kyk.

een-surrealistische-supermaan-6-1032

Indien jy vir die res van die jaar saam wil gesels oor die supermaan wat vanaand, 14 November, te sien gaan wees, beter jy gereed staan met jou verkyker, teleskoop en kamera.

Kenners meen dit is ‘n prentjie wat jy nie wil mis nie. Dit sal die treffendste supermaan in dekades wees. Volgens NASA (die Amerikaanse ruimteagtentskap) was die maan in 1948 laas so na-aan die aarde.

Die verskynsel is deur bygelowiges al verbind met enigiets van aardbewings tot politieke rampe, terwyl dit vir ander ‘n oomblik sal wees om nooit te vergeet nie.

Die maan sal vanaand sowat 356 509 km van die middel van die aarde wees.

Maak gereed… dit gaan iets wees om nie te vergeet!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button