NewsNews

Vandale dra brug draad weg

Slotte by die honderde hang in Parys aan die hangbrug reëling oor die Vaalrivier.

Slotte by die honderde hang in Parys aan die hangbrug reëling oor die Vaalrivier.
Inderdaad ‘n besienswaardigheid op sy eie en ’n  aansienlike gewig vir die brug reëling.
Maar dit is nie net die slotte wat die aandag trek nie.
Misdadigers knip die draad van die brug reëling om dit te gaan verkwansel.
Op heelwat plekke is daar nou al groot gate. Dit skep ’n ernstige gevaar vir  mense wat oor die brug beweeg, veral klein kinders.
’n  Paar jaar gelede het inwoners hande gevat om die draad te herstel en die hangbrug weer op  te knap, maar telkemale is die brug maar weer die teiken van vandale.
’n  Baie ernstige beroep word daarom op inwoners gedoen om sou jy ooggetuie wees van hierdie vandalisme of inligting het wat die skuldiges aan die pen kan laat ry, om dit sonder versuim aan die polisie te rapporteer.
* Die idee van toeriste en selfs plaaslike inwoners om slotte aan die hangbrug te hang, is soortgelyk aan die slotte wat toeriste aan die Pont des Arts in Frankryk hang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button