Jeugliga wys hul ontevredenheid
Sowat 30 lede van die ANC Jeugliga het net na 11:00 vanoggend die Ngwathe munisipale geboue in Parys beset en gevra dat werknemers die gebou sal verlaat. Daarna het hulle sowat 2 uur lank met die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, onderhandel. Hul ongelukkigheid gaan glo oor die aanstel van ’n Jeug Kommunikasiebeampte waarin die …

Sowat 30 lede van die ANC Jeugliga het net na 11:00 vanoggend die Ngwathe munisipale geboue in Parys beset en gevra dat werknemers die gebou sal verlaat.
Daarna het hulle sowat 2 uur lank met die munisipale bestuurder, mnr. Bruce Kannemeyer, onderhandel. Hul ongelukkigheid gaan glo oor die aanstel van ’n Jeug Kommunikasiebeampte waarin die organisasie voel hulle nie geken is nie, en dat die regte prosedures na bewering nie gevolg is nie, sê ’n DA-raadslid.
Die uiteinde van die onderhandelings was dat die munisipale bestuurder onderneem het om die saak te ondersoek.
Teen net voor 13:00 kon werknemers weer hul werk hervat en was die situasie kalm by die munisipale kantore.
Daar word nog gewag op ’n mediaverklaring van die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale.



