
Volgens die Ngwathe munisipaliteit se tegniese afdeling behoort die waterlek waar water nou al vir meer as twee weke op die h/v Jan Fiskaal en Hospitaalweg in Oudewerfpark letterlik uitgestroom het, iets van die verlede te wees.
Verskeie inwoners het hul kommer uitgespreek oor die geweldige watervermorsing, terwyl die dorp gereeld sukkel met droë krane tot groot frustasie van Parysenaars.
Die munisipaliteit het egter gesê hulle het nie die regtige klep in voorraad gehad het, maar dat dit bestel is.
Die klep het gister, 19 Februarie gekom, en daar is toe reeds begin met die herstelwerk, is gesê.
Teen vanmiddag (20 Februarie) het ‘n inwoner dié foto geneem, en is by navraag aan Gazette bevestig dat herstelwerk teen 16:00 voltooi sou wees.





