Local newsNews

Agterstand met patologie dienste ‘n gevolg van sluiting van staatslykshuis

Die Departement van Gesondheid bly hoopvol dat voortgesette samewerking met die Departement van Arbeid en Indiensneming sal lei tot tydige oplossings, wat enige verdere vertragings sal voorkom.

Forensiese Patologie Dienste in die Vrystaat het tans ‘n agterstand van ongeveer 35 liggame wat op lykskouings wag. Hierdie lykskouings word by aangewese fasiliteite in Welkom, Kroonstad en Sasolburg uitgevoer. Die agterstand is veroorsaak deur amptenare van die departement wat genoodsaak is  om daagliks lang afstande na hierdie alternatiewe plekke te reis vir outopsies, na die vroeëre sluiting van die Bloemfonteinse staatslykshuis ingevolge ‘n kennisgewing van die Departement van Arbeid en Indiensneming. 

Die situasie het bykomende druk op werkslading geplaas, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid gesê.

Tydens ‘n vergadering Maandag tussen die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, mnr. Monyatso Mahlatsi, die bestuur van die Vrystaatse Departement van Gesondheid en die Provinsiale Kantoor van die Departement van Arbeid en Indiensneming is gesê dat hoewel meeste probleme wat gelei het tot die  sluiting van die Bloemfonteinse Staatslykshuis opgelos is,  daar steeds gewag word vir die aanwysing van ‘n gekwalifiseerde diensverskaffer om die verhitting-, ventilasie- en lugversorgingstelsel (HVAC) te herstel. Mvambi het bygvoeg dat dit ‘n kritieke bekommernis is. 

Die doel van die vergadering was juis om uitstaande kwessies aan te spreek wat die opheffing van die verbodskennisgewing vertraag het wat in Oktober 2024 deur Departement van Arbeid en Indiensneming uitgereik is.

Ingevolge die kennisgewing was daar onder meer  gebreke in elektriese installasies, geblokkeerde rioolpype en dreineringstelsels, en probleme met die  HVAC-stelsel by die staatslykshuis

Mvambi sê Maandag se besprekings het positief afgesluit, met beide departemente wat hul verbintenis uitgespreek het om te verseker dat regeringsfasiliteite aan die regulasies vir beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen. Hierdie verbintenis is daarop gemik om personeel te beskerm terwyl daar ook gereageer word op die dringende diensleweringsbehoeftes van die gemeenskappe wat ons bedien.

Hy sé die Departement van Gesondheid bly hoopvol dat voortgesette samewerking met die Departement van Arbeid en Indiensneming sal lei tot tydige oplossings, wat enige verdere vertragings sal voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button