Local newsNews

Tooi jy al turkoois vir ons bejaardes

Daar is vele maniere hoe jy kan uitreik na bejaardes in jou gemeenskap - hetsy dit jou tyd, of 'n klein gebaar van omgee is.

Die jaarlikse Tooi Turkoois bewusmakingsveldtog vir bejaardesorg word vanjaar van 15 Mei tot 15 Junie gehou.

Die gemeenskap van Parys het alreeds hul harte oopgemaak met verskeie uitreike na die bejaardes van die AMOT tehuis.

Helpende Hand-lede het gesorg vir vrolike samesyn toe daar  Afrikaanse Volksliedere saam met die bejaardes gesing is as deel van die Afrikaans se 100 viering.

Daar was anonieme skenkings van handskoene/ slaapsokkies aan elke tehuis inwoner, heerlike kolwyntjiekoekies geskenk deur NHSV Parys, en ‘ n uitreik van die Hervormde Kerk Parys se jeug as deel van die veldtog.

Die Tooi Turkoois veldtog word jaarliks gehou vir bewusmaking van bejaardes in ons gemeenskappe.

‘n Uitreik na Amot deur die jeug van die Hervormde Kerk Parys

Kom wys jy gee om en laat weet hoe jy graag betrokke wil wees by ons bejaardes. Daar is nog tyd.

Skakel Teresa by 078 0705 200 as jy graag na Amot se bejaardes wil uitreik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button