Local newsNews

Man eers onder valse voorwendsels na Klerksdorp gelok, en toe by gastehuis ontvoer

Die polisie se provinsiale kommissaris het na die inhengtenisname lof gehad vir die multidissiplinêre ondersoekspan vir hul volgehoue en gesamentlike pogings oor provinsiale grense  wat tot die deurbraak gelei het. 

 Vier verdagtes tussen die ouderdom van 27 en 42 sal Maandag in die Parys-landdroshof verskyn op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ontvoering en afpersing van ‘n man tydens twee afsonderlike voorvalle enkele dae uitmekaar.

Die eerste voorval was op 20 Junie toe die 29-jarige slagoffer eers onder valse voorwendsel na Klerksdorp gelok is glo om ‘n erflating aangeleentheid af te handel. Daar gekom het verdagtes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het,  hom genader en ook bewerings van bedrog teen nog ‘n persoon gemaak..  Hulle wou R8 000 hê voordat hulle die man laat gaan het.

Vier dae later is die man op 24 Junie deur vier gewapende verdagtes by ‘n gastehuis in Parys oorval, vasgebind en in sy voertuig inforseer. Hy is later in ‘n ander voertuig inforseer en na ‘n onbekende plek geneem, waar hy as gyselaar aangehou en gedwing is om die sekuriteitskodes vir sy bankkaarte aan die verdagtes te gee.

Die man is uiteindelik deur ‘n ander invidu vrygelaat, het polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle gesê.

’n Multidissiplinêre span, bestaande uit die provinsiale eenheid vir Georganiseerde Misdaad, Misdaadintelligensie, speurders van Parys en hul Noordwes-eweknieë, het ’n intensiewe ondersoek van stapel gestuur na die twee insidente wat gekoppel word, en is die arrestasies gemaak. Die voertug is verlate naby Ventersdorp gevind. Die ondersoek duur voort, het Earle bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button