Parys-muurbalkllub skitter met van die land se bestes
'n Uitsonderlike prestasie nie net vir die dogters nie, maar ook vir Parys se muurbalklub.
Jasmaine Rust, ‘n leerder van Hoërskool Parys en lid van Parys-muurbalklub sal volgende week aan die gesogte Growthpoint SA nasionale muurbaltoernooi vir do.14 in Kaapstad deelneem. Net die room van die land se muurbalspelers kry geleentheid om op dié glasbaan te speel.
Jasmaine is tans nr. 1 gelys vir do.14 op SA Muurbal se ranglys.

Nog ‘n lid van die klub, Chanté Leppan het vierde vir do.19 geeïndig by die afgelope Growthpoint-toernooi, terwyl haar niggie en oud-Parysenaar, Dené van Zyl wat vir Boland speel, die toernooi gewen het.

Parys-muurbalklub se Vivienne van der Schyff, het geskitter as die wenner van die do.17 Growthpoint-toernooi (Pool B).




