Local newsNews

Liggaam op plaas gekry: Borgaansoek môre hervat

Die bejaarde man wat onder meer klagte van moord in die gesig staar, is steeds in aanhouding.

Die 80-jarige man van Kroonstad wat aangekla is van moord en dwarsboming van die gereg nadat ‘n liggaam  in ‘n gevorderde stadium van ontbinding op sy plaas gekry is, sal môre weer voor landdros Tseko Komane in die Kroonstadse landdroshof verskyn vir die finale betoë in die borgtogaansoek.

Hy bly in aanhouding hangende die uitslag van die borgaansoek.

Die oorskot van die liggaam is op 20 Augustus op die plaas langs die Kroonstad/Welkom-pad gekry nadat die polisie ’n leidraad van die gemeenskap opgevolg het. Die leidraad het ’n taakspan van Bloemfontein  na die plaas gelei, het brigadier Motantsi Makhele, gesê.

Weens die gevorderde toestand van ontbinding van die liggaam, moes DNS-monsters geneem word om die identiteit van die oorledene te bevestig, het Makhele bevestig.

Daar word beweer dat die oorledene op die plaas begrawe is.

Die bejaarde man het skuld op die genoemde klagtes , asook ander klagtes van poging tot moord, die rig van ‘n vuurwapen en die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar, waarvan laasgenoemde verband hou met ‘n afsonderlike voorval in Augustus, ontken.

Makhele het gesê die polisie beskou die saak as baie ernstig  en is ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel, en vir die gereg om sy gang te gaan.

  • Die 17-Jarige seun wat Woensdag in camera in die hof in verband met die saak verskyn het, is  in die sorg van sy ouers vrygelaat, is deur ‘n woordvoerder van die Openbare Vervolgingsgesag bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button