Parys-gimnaste gereed vir SA Aerialnaztix
Gimnaste van provinsies reg oor Suid-Afrika sal vandeesmaand aan die SA Aerialnaztix-kampioenskappe in Johannesburg deelneem.
Verskeie gimnaste van Parys-gimnastiekklub is ingesluit in die Vrystaat-span wat op 25 Oktober in Johannesburg hul provinsie by die SA Aerialnaztix-kampioenskappe sal verteenwoordig.
Gimnaste gekies
Die Parys-gimnaste wat in hul provinsiale kleure aan die nasionale kampioenskap sal deelneem, is Nicola Kotze (Tuimel en Trampolien), Jaydan Brazao (Trampolien), Emile Kotze (Tuimel en Trampolien), Lizey du Plessis (Tuimel, Trampolien en Balk), Lianel Coetzer (Trampolien en Balk), Dinicke Serfontein (Tuimel,Trampolien en Balk), Denise Handford (Tuimel, Trampolien en Balk), Lizelle du Plessis (Trampolien), Benjamin Burger (Trampolien), Karla Haggard (Balk en Trampolien), Japie Coetzee (Trampolien), Anneri Fourie (Tuimel en Trampolien), Marizan Engelbrecht, Mia Haggard en Zuané Engelbrecht.
Gimnaste wat vanjaar deelgeneem het, maar nie kon kwalifiseer nie as gevolg van hul deelname aan ander kampioenskappe is Anlé Beukes, en Nea Abourizk.





