Local newsNews

Maree en Vermeulen duiwe vat kampioenkroon

Die laaste wedvlugte vir die duiwe wedvlugseisoen is nou afgehandel en is die kortpad, middel- en langafstand kampioene van die Legends-duiweklub aangewys.

Legends Duiweklub se kampioen vir 2025 is Danie Maree wat 975 punte vir die seisoen bymekaar gemaak het. Benewens die klubkampioen-titel, is hy ook die klub se middel- en langsafstand kampioen, en is die Beste Jong Duif en Beste Ou Duif in sy hokke.

Vanjaar se Kortpad-kampioen is nuweling Bernard Vermeulen.

Legends Duiweklub se kortpad kampioen, Bernard Vermeulen.
Bernard Vermeulen se duiwe het die kortpad kampioenkroon gevat.
Wedvlugduiwe voltooi seisoen en wys kampioene vir Legends duiweklub in Parys aan.
Danie Maree se duiwe het met die uitsondering van die kortpad afstande skoonskip gemaak. Die foto is vroeër in die seisoen geneem. 

Puntestand:

  • Aspeling-hokke het die algehele tweede plek vir die seisoen se wedvlugte gevat met ‘n totaal van 898 punte,
  • Nollie Meintjies is derde (861)
  • Bernard Vermeulen vierde (854)
  • Sys van Rooyen-hokke vyfde ((803)
  • MJ Jofts sesde (501)
  • UJDUR-hokke sewende (349).

Die afgelope naweek se Hanover-vlugte was dan ook die laaste vir die seisoen vir dié atlete van die lug.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button