Local newsNews
Maree en Vermeulen duiwe vat kampioenkroon
Die laaste wedvlugte vir die duiwe wedvlugseisoen is nou afgehandel en is die kortpad, middel- en langafstand kampioene van die Legends-duiweklub aangewys.
Legends Duiweklub se kampioen vir 2025 is Danie Maree wat 975 punte vir die seisoen bymekaar gemaak het. Benewens die klubkampioen-titel, is hy ook die klub se middel- en langsafstand kampioen, en is die Beste Jong Duif en Beste Ou Duif in sy hokke.
Vanjaar se Kortpad-kampioen is nuweling Bernard Vermeulen.


Puntestand:
- Aspeling-hokke het die algehele tweede plek vir die seisoen se wedvlugte gevat met ‘n totaal van 898 punte,
- Nollie Meintjies is derde (861)
- Bernard Vermeulen vierde (854)
- Sys van Rooyen-hokke vyfde ((803)
- MJ Jofts sesde (501)
- UJDUR-hokke sewende (349).
Die afgelope naweek se Hanover-vlugte was dan ook die laaste vir die seisoen vir dié atlete van die lug.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



