Local newsNews

Parys Ladies Classic: Kleurvolle vreugde met rekordgetal inskrywings

Die toernooi word oor twee dae op beide Parys se gholfbane gespeel en eindig môre.

Vir die volgende twee dae (28 en 29 Oktober) sal Parys se spog gholfbane ‘n bedrywigheid wees met ‘n rekord van 124 vroue wat deelneem aan vanjaar se tweejaarlikse Parys Ladies Classic-gholftoernooi. Dit is die meeste inskrywings nog, en is dit die sewende keer dat die toernooi in Parys op die Parys Golf & Country Estate en Vaal de Grace gholfbane gespeel word.

Inskrywings kom van oral oor die Vrystaat, Noordwes, die Vaaldriehoek , Gauteng, Pretoria, die Oos-Rand en selfs uit die Kaap.

Die kompetisie is in vierbal span-verband, asook individueel.

Vanjaar se tema is Colours of Joy en wat ‘n vreugde was dit nie om die dames kleurvol getooi te sien afslaan nie. Elke span se naam word  gekies om by hul tema te pas. Van die Rainbow Chicks tot die Periwinkle Pixies, die Blue Berries en die Tee Time Birdies. Almal is hier!

Saam met strawwe kompetisie, is daar ruim tyd vir nuwe vriendskappe en heerlike kuiers, vertel Elizabeth Fourie.

Die toernooi het aanvanklik  met 32 spelers begin en oor die jare gegroei met Parys wat ‘n gewilde gholfbestemming is.

Nie net is die geesdrif van die dames wat vanoggend afgeslaan het aansteeklik nie, maar is hierdie ‘n uitmuntende geleentheid om Parys se gasvryheid te bemark en ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp wat die dames hier met ope arms verwelkom het vir hul twee dae lange verblyf in Parys.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button