Local newsNews

Nuwe vlag, nuwe graad vir Parys Christelike Skool

Parys Christelike Skool (PCS) het in 2009 sy deure geopen en sal dit die eerste keer wees dat PCS ook graad agt leerders sal hê.

Parys Christelikie Skool (PCS) sal sy eerste graad 8 leerders in 2026 verwelkom. Die skool het ook onlangs ‘n nuwe skoolvlag bekendgestel.

PCS is in 2008 as private skool geregistreer deur Debbie van Tonder en kon die skool in 2009 sy deure in Parys oopmaak met drie leerders. Tans het die skool 87 graad R tot graad 7 leerders, 12 personeellede en vyf assistente.

Die skool se kleuterskool, Noag se Arkie in 2011 op die PCS-perseel geopen en het tans 27 kleuters.

Nuwe vlag vir Parys Christelike Skool
Parys Christelike Skool se graad sewe leerders is van links Benjamin van Rooyen, juffrou. Alida Fouche, Denine Koen, Benjamin Wood, Johaney Mileham, Tristan Smith, Kelseigh McInnes, Nathan Riekert, Ine Grove, Kaylee Zitzke en Yolandie Zitzke (eienaar van Parys Christelike Skool).met die skool se nuwe vlag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button