Tydens die weeklange polisie-optrede as deel van Operasie Shanela is verskeie deursoekaksies en padblokkades gehou.
Meer as 770 verdagtes is verlede week vir verskeie misdade deur die polisie in die Vrystaat gearresteer as deel van Operasie Shanela. Van die misdrywe sluit in geweldsmisdaad, dwelmverwante misdaad en eiendomsverwante oortreding.
Altesaam 46 mense is vir die besit van gevaarlike wapens gearresteer, terwyl 225 in hegtenis geneem is vir aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Vir moord is 13 verdagtes gearresteer, terwyl 17 vir verkragting in hegtenis geneem is. Vyftig mense is gearresteer vir die besit van dwelms en 17 vir dwelmhandel. Daar is ook beslag gelê op dwelms soos Mandrax, Crystalmeth en nyaope.
Tydens die week is beslag gelê op 12 voertuie, en verskeie vuurwapens.
Altesaam 89 mense is gearresteer vir oortreding van die Immigrasiewet.
Tydens die weeklange polisie-optrede as deel van Operasie Shanela is verskeie deursoekaksies en padblokkades gehou.
In noue samewerking met ander departemente, insluitend Provinsiale Verkeer, is 293 verkeersboetes tydens die operasie uitgereik.
Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê die multidissiplinêre operasie duur voort regoor die provinsie met stop-en-deursoekaksies, padblokkades, intelligensiegedrewe operasies en voetpatrollies.
Die polisie moedig die gemeenskap aan om steeds inligting oor kriminele aktiwiteite in hul gebiede te verskaf om die voortdurende pogings om die Vrystaat veiliger te maak, te ondersteun, het Kareli benadruk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.