Local newsNews

Kom kyk die liggietuin

Dit is vanjaar die eerste keer dat die tehuis die liggiefees aanbied en het talle mense Vrydagaand kom kyk na die skouspel.

Die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes in Dolfstraat maak hierdie naweek sy hekke oop vir inwoners en besoekers aan die dorp met ‘n liggieskouspel wat nog Saterdag en Sondag (6 en 7 Desember) gesien kan word.

Die liggiefees is werklik iets besonders en kan saans tussen 18:00 en 22:00 besoek word.

Toegang

Toegang kos R10 per volwassene en R5 per kind – baie goedkoper as ‘n fliekkaartjie en ‘n wonderlike geleentheid om saam as gesin onder die sterrelig te wees.

Die fondse wat ingesamel word gaan uitsluitlik vir behoeftige bejaardes wat finansieël deur Najaarsrus gedra word.

Onthou ook ‘n geldjie vir lekkernye wat te koop sal wees.

Besonderse kersboom

Die liggiefees is moontlik gemaak danksy die oop hand van borge, maar sal jy ook bejaardes se eie handewerk sien met ‘n besonderse Kersboom.

Najaarsrus-tuin

Die pragtige Najaarsrus-tuin is die trotse werk van die 90-jarige Alet Fourie. In die tuin is ook draad-kunswerk wat deur van die bejaardes self gemaak is.

Kerssangdiens

Die liggiefees word Sondagaand, 7 Desember om 18:00 afgesluit met ‘n Kerssangdiens in die Najaarsrus-tuin. Enigeen is welkom om die Kerssangdiens gratis by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button