Local newsNews
Opruiming op R59 voltooi na vragmotorbotsing
Die vragmotor het in die vroeë oggendure die pad verlaat en is opruimingswerk op die toneel reeds gedoen.
Beide rigtings van die R59 tussen Parys en die N1 oorbrug is weer oop vir verkeer nadat ‘n vragmotor vroeg vanoggend net buite Parys van die pad af is. Die vragmotor se wa waarmee staal vervoer is, het omgeslaan.
Die ongeluk was om 03:00 vanoggend.
Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie, en niemand is beseer nie.
Daar is vroeg vanoggend opruimingswerk op die toneel gedoen.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



