Local newsNews

Rotary bring Kersvreugde en groot dankbaarheid met bril- en noodhulpkissie inisiatief

Mense wat 'n bril nodig het kan nog tot 15:00 vanmiddag na die Rotary-saal gaan.

Rotary Parys het vanoggend vreugde in baie harte gebring met ‘n omgee-inisiatief waarmee mense wie andersins nie ‘n bril sou kon bekostig nie, weer die gawe van sig gegee is.

Driehonderd leesbrille is gratis beskikbaar gestel vir mense wat nie oor die finansies beskik vir ‘n bril nie.

Rotary gee brille
Met die inisiatief het Rotary Parys vandag uitgereik na talle mense wie andersins nie ‘n bril sou kon bekostig nie.

Mense kan nog tot 15:00 vanmiddag na die Rotary-saal gaan. Dit is gratis. Kom soos jy is. Dit is ook nie nodig om ‘n afspraak te maak nie.

Die brille is vir Rotary geskenk en is dit ‘n wonderlike manier waarmee ook hierdie Kersseisoen na die gemeenskap uitgereik word.

Benewens die brille, is daar ook vanoggend sewentien basiese noodhulpkissies oorhadig aan dagsorgsentrums van Mokwallo, danksy ‘n skenking wat van die Strathroy Rotary Club ontvang is.

Noodhulpkissie skenking deur Parys Rotary
Basiese noodhulpkissies is vir 17 dagsorgsentrums oorhandig. Foto’s Verskaf

Eden Day Care Centre en Kgodisong Creche en Aftercare ontvang hul noodhulpkissies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button