Local newsNews

Broer sterf ook na Chubby Chick-skietvoorval

Ons opregte medelye met die Fourie-familie.

Deon Fourie, direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, het vanoggend aan sy wonde beswyk, net meer as ‘n maand na ‘n skietvoorval in die onderneming se raadsaal waartydens Deon ernstig beseer, en sy broer, Johnathan , noodlottig gewond is.

Deon was sedert die skietvoorval op 10 November in ‘n Johannesburgse hospitaal waar hy verskeie operasies ondergaan het.

Die 73-jarige Robert Joubert wat reeds aangekla word van die moord op Johnathan, en ook aanklagte van poging tot moord op Deon en nog twee ander persone in die gesig staar, se saak het Donderdag weer in sy afwesigheid in die Potchefstroomse landdroshof voorgekom en sal weer hierdie week op 18 Desember deur die hof aangehoor word. Hy het sedert die skietvoorval nog glad nie in persoon in die hof verskyn nie weens die erns van sy beserings.

Joubert wat tydens die voorval klaarblyklik  in beide arms gewond is toe sekuriteitspersoneel gereageer het op die skietvoorval in die raadsaal, is steeds in die Potchefstroomse provinsiale hospitaal.

Chubby Chick het vroeër in ‘n verklaring benadruk dat Joubert geen verbintenis met Chubby Chick het nie, en nie ‘n werknemer, oud-werknemer of kontrakteur was nie.

Die verdagte, Robbert Joubert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button