News

Saam behaal hul dié mylpaal

Die 55-jarige Derek en Sunette Conlon wat einde Oktober Parys hul permanente tuiste gemaak het, het Saterdagoggend by die Egweni River Lodge parkrun saam hul 100ste parkrun mylpaal behaal. ‘n Merkwaardige prestasie vir enige parkrunner. Derek vertel dat hy en Sunette 6 jaar gelede begin het met parkrun. Omdat Deben naby die Botswana-grens waar hul …

Die 55-jarige Derek en Sunette Conlon wat einde Oktober Parys hul permanente tuiste gemaak het, het Saterdagoggend by die Egweni River Lodge parkrun saam hul 100ste parkrun mylpaal behaal. ‘n Merkwaardige prestasie vir enige parkrunner.

Derek vertel dat hy en Sunette 6 jaar gelede begin het met parkrun. Omdat Deben naby die Botswana-grens waar hul gebly het nie ‘n parkrun gehad het nie, het hulle elke Saterdag die 30km Kathu toe gery om die parkrun daar te doen. Nie net was dit iets wat hul saam kon doen nie, maar het dié weeklike 5km afstand wat deelnemers oud en jonk kan stap of draf, die ideale platform gebied waar hulle deel kon wees van die gemeenskap, sé Derek.

Was dit nie vir die grendelbeperkings van Covid nie, kon hul die mylpaal dalk vroeër behaal het, vertel Derek – maar toe parkrun byeenkomste nie kon plaasvind nie, het hulle beslis nie stilgesit nie, en nie minder nie as 90 ‘not parkruns’ voltooi.

Hierbenewens doen hulle ook gereeld hul deel as parkrun vrywilligers. Nou mik dié twee vir hul 250 parkrun mylpaal – ‘n mylpaal wat na raming 3 jaar sal neem om te behaal.

parkrun in Parys is elke Saterdag om 08:00 by Egweni River Lodge in Van Collerstraat. Dit is gratis. Daar is geen ouderdomsperk en dit is by uitstek ‘n aktiwiteit vir die hele gesin. Jy kan selfs jou honde bring om die 5km saam te draf of te stap mits hulle aan leibande is. En onthou as jy graag rekord wil hou van jou parkrun tyd en posisie wat jy behaal het, registreer op die parkrun webwerf om ‘n strepieskode (barcode) te kry wat geskandeer word met elke parkrun waaraan jy deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button