News
Kerssang by kerslig weer gehou
Evangelie Lied by kerslig word vanjaar op 11 Desember om 18:30 by die AfriDome in Allenbystraat gehou. By die besondere interkerklike lofprysingsgeleentheid op die vooraand van Kersfees, sal daar oudergewoonte evangelieliedere saam gesing word, maar ook ‘n paar Kersliedere. Bring ‘n kers wat jy in ‘n gesnyde koeldrankbottel plaas sodat dit makliker vasgehou kan word, …

Evangelie Lied by kerslig word vanjaar op 11 Desember om 18:30 by die AfriDome in Allenbystraat gehou. By die besondere interkerklike lofprysingsgeleentheid op die vooraand van Kersfees, sal daar oudergewoonte evangelieliedere saam gesing word, maar ook ‘n paar Kersliedere. Bring ‘n kers wat jy in ‘n gesnyde koeldrankbottel plaas sodat dit makliker vasgehou kan word, en wees deel van die besondere geleentheid. Daar sal ook kerse beskikbaar wees sou jy nie jou eie hê nie. Jy is ook welkom om jou kampstoel of kombers te bring om op te sit. Enigeen is welkom. Bywoning is gratis en daar sal na die tyd ook gratis koffie wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



