Local newsNews

Papierverpakking kraai koning by SA verbruikers

Die data wat vir die studie gebruik is kom uit 'n wêreldwye opname onder meer as 10 000 vebruikers oor hul voorkeure en menings rondom verpakking.

Suid-Afrikaanse verbruikers verkies papierverpakking by verre, en die redes wat gegee word is dat dit omgewingsvriendelik is (55%), goedkoper (56%), liggewig (50%), veiliger om te gebruik (47%), maklik om te herwin (42%), makliker om oop en toe te maak (44%), beter inligting oor die produk gee (39%), makliker om te bêre (32%) en meer prakties (36%).

Interessant genoeg het 77% van Suid-Afrikaanse verbruikers gesê hulle sal handelaars ondersteun wat stelsels in plek het vir verbruikers om verpakking te kan teruggee. ‘n Verstommende 60% sê hulle sal meer koop by handelaars wat nie plastiekverpakking het nie, en net meer as die helfte van verbruikers sê hulle sal dit oorweeg om handelaars nie te ondersteun wat nie die daad by die woord voeg om die gebruik van nie-herwinbare verpakkings te verminder nie.
Wat Suid-Afrikaanse verbruikers oënskynlik op aandring is dat handelaars meer moet doen om seker te maak dat verpakking wel herwinbaar is.

Herwinningsdata bevestig dit met syfers wat toon dat Suid-Afrika tans net minder as 61% van papier en papierverpakking (1,25 miljoen ton) in 2022 herwin het. Metaalverpakking word die meeste herwin (76%), terwyl glas op 44% staan, en plastiek op 43%.

Wat aanlyn verkope betref, wil tot 80% van verbruikers hê dat die verpakking in ‘n gepaste grootte moet wees om afval tot die minimum te beperk. Meer as die helfte (58%) verkies ook hul aanlynpakkies in papierverpakking.Van die verbruikers wat deelgeneem het aan die studie, glo 36% dat die regering en plaaslike owerhede die grootste verantwoordelikheid het om seker te maak dat verpakking herwinbaar en omgewingsvriendelik is.

‘n Kwart van die respondente sê weer dat dit individue se eie verantwoordelikheid is om die impak op die omgewing te minimaliseer deur keuses, en 18% glo verpakkingsvervaardigers en verskaffers moet hier die leiding neem. Net 4% was oortuig dat dit handelaars en supermarkte se verantwoordelikheid is om te kyk na verpakking.

Meer as 60% van respondente dink dat nie-herwinbaarbare verpakking ontmoedig moet word deur belastingheffings daarop.Suid-Afrikaanse wetgwing wat in 2021 aanvaar is, plaas wel ‘n heffing op ‘n verskeidenheid van verpakkingsmateriaal.

Tans word ‘n neiging terug na karton en papierverpakking al meer gesien, en is die Sixty60 papier kruidenierssakke wat verbruikers kan teruggee ‘n voorbeeld hiervan.

Die data wat vir die studie gebruik is kom uit ‘n wêreldwye opname onder meer as 10 000 vebruikers oor hul voorkeure en menings rondom verpakking.

Related Articles

 
Back to top button