Local newsNews

Patrollies werk inderdaad om misdaad die hok te slaan

Op Vrydag 21 Junie sal daar weer so 'n gesamentlike blou lig/wit lig patrollie gery word.

Die sukses van buurtwagpatrollies in die bekamping van misdaad is al by herhaling bewys, omdat hierdie vrywilligers die polisie en sekuriteitsmaatskappye se oë en ore is.
Wie beter om te weet as daar ongewone bewegings of vreemde persone in jou woonbuurt sou wees, as juis die mense wat in ‘n woonbuurt bly?

Parys SAPD en die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) hou maandeliks blou lig/wit lig patrollies wanneer daar hande gevat word met die gemeenskap om saam patrollie te ry.
Tydens die laaste gesamentlike patrollie het negentien inwoners hande gevat met die polisie, en is geen misdaad vir die duur van die patrollie aangemeld nie.

Op Vrydag 21 Junie sal daar weer so ‘n gesamentlike blou lig/wit lig patrollie gery word.
As jy bereid is om te help vanaf 20:00 kan jy voor Mr Price by die Pick n Pay sentrum bymekaar kom.

Jy het geen vorige ervaring of opleiding nodig nie. Net die gewilligheid om jou tyd vir ‘n uur of twee te gee om ‘n verskil te maak.

Beperkte mannekrag maak dit vir die polisie onmoontlik om oral te wees, maar saam kan daar ‘n verskil gemaak word.

Onthou deur bloot meer oplettend te wees, ‘n straat WhatsApp groep te stig waarop bure mekaar bewus kan maak van vreemde of verdagtes bewegings in jul omgewing, kan jy ook help om jou woonbuurt veiliger te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button