Uitsonderlike ruiterkuns gesien by dié nasionale kampioenskappe
Baie geluk aan hierdie ruiters.
Gauteng-ruiters het met die louere weggery na afloop van vanjaar se SA Western Mounted Games (SAWMGA) waar uitsonderlike ruitervernuf verlede week by die AfriDome in Parys gesien is. ‘n Totaal van 648 ruiters uit al die provinsies het deelgeneem. Dit was ook ‘n internasionale kragmeting met ruiters van sover as Botswana en Zimbabwe wat hul vernuf gewys het.

Uitsonderlike ruiterkuns is met die SA Western Mounted Games gesien. Dié aksie is deur die kameralens van Ferdie Jordaan vasgevang.
Die kampioenskap is voorafgegegaan deur die SAQHA (South African Quarter Horse Association) Western Spring Championship.

Plaaslike ruiters wat met plekke by die kampioenskap kon spog, sluit in:
Martie Bezuidenhout (Open Level Professional – Horsemanship3de, Ranch Riding 3de, Trail 2de).
Blake Vosloo (Level 3 – Western Pleasure 2de, Ranch Riding 2de, Horsemanship 2de, Trail 1ste).
Ernst Vosloo (Pleasure 1ste, Horsemanship 2de, Ranch Riding 3de).
Bridget Vosloo (Level 3 – Western Pleasure 1ste, Ranch Riding 1ste, Horsemanship 1ste, Trail 2de). Bridget
is aangewys as Algehele Reserwe Kampioen vir volwasse ruiters.
Kadin Hanson (Western Pleasure 1ste en Ranch Riding 3de). Kadin is aangewys as algehele Youth Champion.
Liza Dannhauser (1ste plek met Sarabi vir Merries 2 jaar oud ‘Breeding classes.’ Hierbenewens verower Liza ‘n 1ste plek vir Showmanship, 2de plekke vir Trail en Horsemanship en ‘n 3de plek vir Ranch Riding met Domino). Liza is aangewys
as Supreme Youth Champion.


Verskeie groot nasionale kampioenskappe kan nog vanjaar by die AfriDome gesien word.
Dit sluit in:
3-5 Okt – Nasionale Friesperd skou
1-3 Nov – Nasionale Appaloosa kampioenskappe
28-30 Nov – Nasionale Arabierperd kampioenskappe
4-7 Des – Saalperd kampioenskappe
9-13 Des – Saalperd Wêreldbeker



