Local newsNews
Geelborswillie maak weer ‘n draai
Die voëltjie wat effe groter as die mossie is, is egter ook besig om sy gebied te vergroot

Vir die eerste keer sedert 2021 is die Geelborswillie die naweek in die tuin op Paradyskloof buite sy verspreidingsgebied opgemerk.
Resa van der Merwe het in 2021 ook die Geelborswillie in haar tuin by die Vaal de Grace Nature Estate net buite Parys gekry. Is dit vreemd? Beslis. Die Geelborswillie verkies bosse en ruigtes in die warmer dele van die land vanaf die suidkus van KwaZulu-Natal deur Mpumalanga tot in Limpopo.
Die voëltjie wat effe groter as die mossie is, is egter ook besig om sy gebied te vergroot, en is hulle al in Gauteng en die Noordwes provinsies gekry. Volgens van die voëlkykers wat al vir jare voëls in die Parys-omgewing kyk, is die Geelborswillie voor Resa se waarneming nog nooit in Parys gesien nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.