Local newsNews

Wonderfontein-ontwikkeling stopgesit

“Die munisipaliteit het ten spyte van dié tydperk nie aan die nodige vereiste voldoen nie en aangegaan met die ontwikkeling.

 

Dié skrywe het ook ’n brief van die Departement van Menslike Nedersettings bevat waarin die munisipaliteit beveel word om die ontwikkeling onmiddellik te staak totdat uitstaande nakomings maatreëls, soos vereis deur die tribunaal, nagekom word. Die departement sê ook dat die werk wat nou daar plaasvind ten doel het om die gebied te beveilig.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir die sentraalstreek, is AfriForum bly oor die oorwinning wat nie net ten gunste van die gemeenskap is nie, maar ook die omgewing. “Ons was van die begin af van mening dat sou die munisipaliteit aan die nodige vereistes voldoen dit tot voordeel van die gemeenskap sou strek, maar hulle is nie bereid om te voldoen aan die nakomingsvereistes nie en daarom het ons toegetree om dié ontwikkeling te stop. Die ontwikkeling sou ’n reuse negatiewe impak op die omgewing sowel as die veiligheid van die gemeenskap gehad het. Ek is bly ons kon dit verhoed en sal in die toekoms weer toetree indien die munisipaliteit besluit om roekeloos te begin ontwikkel.”

AfriForum en ander rolspelers uit die gemeenskap is al sedert Augustus verlede jaar besig om hierdie onwettige ontwikkeling teen te staan en, ten spyte van swak kommunikasie vanaf die munisipaliteit, dit reggekry om die ontwikkeling te stop.

Dié ontwikkeling wat in uitbreidings 74, 75, 76, 77, 78 en 79 onderneem sou word, is deel van die Sasolburg-dorpsbeplanningskema wat op 17 Oktober 2019 deur die Metsimaholo-dorpsbeplanningstribunaal goedgekeur is.

Van die vereistes waaraan voldoen moes word sluit onder meer in:

  • konsolidasie van erwe soos uiteengesit deur die Wet op Ruimtelike Beplanning van  en Grondgebruikbestuur 16 van 2013;
  • opknapping van die padnetwerk en infrastruktuur soos uiteengesit in die verkeersimpakstudie;
  • aanstelling van ’n onafhanklike kontrakteur om ’n volledige infrastruktuurassessering te doen;
  • ontwerp en bou van ’n nuwe rioolaanleg om genoegsame riolering vir die ontwikkeling te bied;
  • bou en ontwerp van voldoende stormwaterstelsels; en
  • voorlegging van voorlopige ontwerpplanne van die huise wat gebou gaan word in die dorpontwikkelingsgebied (dié planne moet binne ses maande vanaf die goedkeuring van die ontwikkeling ingedien word).

Volgens artikel 43 (2) van die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur 16 van 2013 het die munisipaliteit vyf jaar gehad vanaf die goedkeuring van die ontwikkeling om aan die nodige vereistes te voldoen. “Die munisipaliteit het ten spyte van dié tydperk nie aan die nodige vereiste voldoen nie en aangegaan met die ontwikkeling. Daarom was AfriForum genoodsaak om die hof te nader om die ontwikkeling te stop,” sluit Grobbelaar af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button