
N Groot deurbraak in die stryd teen koperdiefstal is gemaak toe polisielede van die Fezile Dabi Distrik se Infrastruktuur span Vrydagmiddag n vragmotor op die N1 by die Vaal Plaza tolhel deursoek en die gesteelde kabel gekry het.
Beslag is op ses sakke gestroopte kabel gelê en skrootmetaal met n waarde van meer as R8m.
Die 46-jarige vragmotorbestuurder kon fakture en afleweringsnotas vir die polisielede wys wat aandui dat die vrag PVC kabels met n gewig van 27,1kg moes wees. Nie dit wat met die vragmotor vervoer is nie.
Polisiewoordvoerder, kapt Loraine Earle sê nêrens in die dokumente word koperkabels genoem nie, en kon die vragmotorbestuurder ook nie n verduideliking gee nie.
Die vragmotorbestuurder sal Maandag voor die landdroshof in Parys verskyn.