Local newsNews

Studente gee blikskud-tiende

Bydraes soos hierdie maak 'n verskil vir VVA vir die werk wat hulle in die gemeenskap van Parys doen om maatskaplike nood te verlig.

Studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus wat Saterdag ‘n blikskud in Parys gehou het, het uitgereik na diegene in nood toe hulle ‘n gedeelte van dit wat hulle die dag ingesamel het, geskenk het aan die nie-winsgewende welsynsorganisasie, Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys.

Die VVA sien om na die maatskaplike nood van baie mense, waaronder ook kinders. In 2024 moes die VVA meer as 30 kinders uit ouerhuise in die Parys-gemeenskap verwyder weens verwaarlosing en mishandeling. Die kinders se ouderdomme wissel van pasgebore tot 13 jaar oud.

Negentig persent van hierdie kinders kom uit huise waar daar dwelmverslawing is, en wat blootgestel was aan erge verwaarlosing en mishandeling.

‘n Huis van veiligheid is in 2024 bekom waar hierdie kinders kan bly totdat hulle na hul ouerhuise of familie kan terugkeer, of totdat hulle na ‘n jeugsorgsentrum oorgeplaas kan word.

Skenkings soos dié help om naas die maatskaplike werk wat VVA in die gemeenskap doen, ook die veiligheidshuis in te rig, en te kan voorsien in die behoeftes van die kinders wat hier geplaas sal word.

Studente wat die afgelope naweek blik geskud in Parys, het ook hul harte oopgemaak vir hulle wat minder het in die gemeenskap van Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button