Local newsNews

Paaie by Heilbron weer gisteraand onder water

Wanneer daar die gevaar is van oorstromings, moet jy eerder laagwaterbrue, riviere en strome vermy waar water sterk sou vloei

Die Steynstraat brug wat Heilbron met die Phirotona-woonbuurt verbind, was Maandagaand onder water na swaar reën,  asook die R57 van Petrus Steyn na Heilbron.

Beide die R57 en die Steynstraat-brug was egter vanoggend weer oop na verkeer nadat watervlakke gedaal het.

Swaar reën in die Heilbron-distrik het weer gisteraand water oor paaie laat stroom maar het die watervlak intussen gesak.

Let asseblief daarop dat wanneer daar die gevaar is van oorstromings, jy eerder laagwaterbrue, riviere en strome moet vermy waar water sterk sou vloei – selfs al sou dit lyk of die water nie diep is nie. Moet onder geen omstandighede deur vinnig vloeiende water probeer loop of ry nie, omdat jy jou maklik kan misreken met die sterkte van die stroom en diepte van die water.

Gebruik eerder alternatiewe roetes sou daar water oor paaie vloei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button