Local newsNews

Haglike paaie noodsaak boere om self plan te maak

Daar is ernstige kommer oor die toestand van die R719 wat jaarliks swaar verkeer dra met die Nampo Oesdag wat van 13 tot 16 Mei gehou word.

Die haglike toestand van die R719 tussen Wesselsbron en Bothaville, het boere in die distrik genoodsaak om self te begin herstelwerk doen aan die pad wat ‘n belangrike vervoerroete vir boere en verskaffers is.

Die pad dra jaarliks ook swaar verkeer met die Nampo Oesdag, een van die grootste landbouvertoonventers onder private besit in die suidelike halfrond,, wat van 13 tot 16 Mei  op die Oesdagplaas buite Bothaville gehou word.

Boere sê met sonneblom-oeste wat van die lande af moet kom, is die pad bykans onrybaar vir vragmotors, en moet daar dringend plan gemaak word. Nie net veroorsaak die swak toestand van die pad probleme met aflewerings nie, maar lei voertuigeienaars groot skade aan motors en vragmotors wat daagliks hier moet ry. Dit afgesien van die gevaar wat dit inhou veral saans as sig swak is.

Die Demokratiese Alliansie in die Nala-munisipaliteit waarbinne Bothaville val, het n dringende skrywe aan die Vrystaatse Provinsiale Regering oor die R719 gerig, en sê DA-raadslid Thinus Barnard, dringende hulp is nodig om die boere in dié distrik te ondersteun.

Barnard sê boere is alreeds onder druk met ongunstige boerdery omstandighede en kan nie verdere verliese bekostig nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button