Local newsNews
Drie vas oor vuurwapens en ammunisie
Die drie mans sal vandeesweek voor die Heilbronse landdroshof verskyn.

Drie mans, waaronder twee Lesotho-burgers, sal die week voor die Heilbronse landdroshof verskyn op klagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Die polisie se taktiese-eeheid het Saterdagmiddag inligting gekry van ‘n wit Volkswagen Polo op die R57 wat in die rigting van Heilbron beweeg het. Volgens die inligting het die insittendes ongelisensieeerde vuurwapens en ammunisie by hulle gehad,
Die voertuig is opgemerk en deursoek waarop die mans gearresteer en beslag op die vuurwapens, ammunisie en voertuig gelê is, het polisiewoordvoerder sers Josephine Rani gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



