Local newsNews

As die winter kom, is dit sterrekyk-tyd in die Koepel

Die wonders van die sterrehemel is op sy mooiste sigbaar in die Vredefort Koepel gedurende die wintermaande.

Met die winter wat stadig nader kruip,  begin die sterrekykseisoen by Deelfontein se Sterrewag in die Vredefort Koepel. Die eerste sterrekykuitstappie vind aan die einde van die maand plaas tydens nuwemaan.

Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika, lei die sterrewaguitstappie wanneer hy die wonders van die sterrehemel sal uitwys wat hier in die donkerte van die Koepel se nagte  goed sigbaar is.

Daar sal  om 19:00 begin word met ´n aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag. Daarna word die interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk, tot ongeveer 22:00. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.

Deelname kos R100 per persoon, wat  in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Koffie en tee word voorsien.

Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein

Guest Farm op Google Maps. Bespreek vooraf op whatsapp by 083 280 9784 of per

epos by gerhard@deelfontein.co.za. Deelnemers is welkom om reeds vanaf 17:00 met ´n piekniekmandjie op te daag en aandete op die perseel te geniet. Tafels en stoele is beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button