Verskaffer verdwyn na betaling
Die polisie sê inligting wat ontvang word sal vertroulik hanteer word.

Speurders van Viljoenskroon vra die publiek se hulp met die opspoor van ‘n man wat gesoek word in verband met ‘n bedrogsaak. Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê n lasbrief vir die inhegtenisname van Celiwe Ndawonde is reeds uitgereik.
Die klag spruit uit ‘n voorval in 2023 toe ‘n tender vir die verskaffing van rugsakke aan die klaer in die saak toegeken is. Die klaer het ‘n verskaffer geidentifiseer wat die rugsakke kon lewer en is ‘n onmiddellike betaling van R86 917 gemaak met die verwagting dat die goedere binne 24 uur gelewer sou word. Geen aflewering is gemaak nie, en het die verskaffer verdwyn.
Enigeen met inligting oor die beweging van Ndawonde is gevra om speur-sers. George Nkoane te skakel by 083 822 5834. Inligting sal as streng vertroullik hanteer word, het sers. Rani gesê.



