Local newsNews

Meer griepinentings in 2024 gesien

Dit neem gemiddeld een tot twee weke vir jou liggaam om na 'n griepinenting immuniteit op te bou.

Winter lê voor en baie het reeds vir hul jaarlikse griepinentings gegaan.

Eisdata van Discovery Health mediese skema toon dat  byna 17 000 van sy lede in 2024 gehospitaliseer is as gevolg van griep. Dit sluit in:

  • Meer as 1 300 babas onder 1 jaar is in die hospitaal opgeneem.

  • Meer as 800 bejaarde lede bo 85 jaar is in die hospitaal opgeneem.

Discovery Health se statistiek wys ook dat in 2024 ongeveer 191 000 griepinentings aangeteken is wat ‘n toename van 12,5% verteenwoordig in vergelyking met 2023.

Oor die afgelope vyf jaar was die laagste griepinentinggetal in 2022 met 147 000 inentings, en die hoogste in 2020 met 207 000 inentings.

Gedurende die 2024-griepseisoen het 92 000 van Discovery Health Medical Scheme se hoërisiko-lede die griepinenting ontvang, wat ‘n toename van 8,3% verteenwoordig in vergelyking met 2023.

Alhoewel hierdie toename verwelkom word, bly die griepinentingsyfer steeds laag, en het dié mediese fonds sy lede,  veral dié met hoë risiko, aangemoedig om hul griepinentings te kry.

Mense wat ‘n hoë risiko het om ernstig siek te word van griep en wie gewoonlik aangemoedig word om griepinentings te kry, sluit in:

  • Kinders tot en met vyf jaar oud. Hou in gedagte dat die griepinenting veilig is vir kinders vanaf ses maande oud.

  • Mense van 65 jaar of ouer.

  • Mense wat met MIV leef.

  • Vroue wat swanger is of wat binne die afgelope ses weke ‘n baba gehad het. Hou in gedagte dat die griepinenting veilig is om te ontvang terwyl jy borsvoed.

  • Mense wat in sorgfasiliteite woon (ouetehuise, of chroniese sorg- en rehabilitasie-instellings).

  • Mense met ‘n chroniese gesondheidstoestand (soos chroniese longsiektes soos asma, hart- of niersiekte, diabetes en ander).

  • Mense met ‘n verswakte immuunstelsel, ongeag die oorsaak.

Daar is twee tipes griepinentings beskikbaar: ‘n kwadrivalente griepinenting (QIV) en ‘n trivalente inenting (TIV). Die trivalente inenting beskerm teen drie stamme van die griepvirus, terwyl die kwadrivalente inenting teen vier stamme beskerm. Die drie stamme van griep bly die mees algemene waarvoor ons onsself moet beskerm. Mediese professionele persone beveel aan om óf die QIV óf die TIV inenting te kry, aangesien albei goeie beskerming teen griep bied, dus maak dit nie saak watter een jy kry nie.

Volgens Dr. Noluthando Nematswerani, Hoof Kliniese Beampte by Discovery Health, is dit belangrik om vroegtydig elke jaar ingeënt te word om seker te maak jy is beskerm teen die jongste stamme van die griepvirus.

Hieronder is nog interessante feite oor griepinenting:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button