Local newsNews

Minister se afdanking verwelkom

Die aankondiging van die minister se afdanking is vanoggend deur die presidensie bevestig.

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, is deur president Cyril Ramaphosa ingevolge Artikel 91 (2) van die Grondwet, uit die kabinet verwyder.

Sidisiwe Chikunga, die Minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, is vir die interim periode as waarnemende minister in die portefeulje van Tolashe aangestel, totdat ‘n amptelike aanstelling in die ministeriële pos gemaak is, is vandag deur die presidensie bekendgemaak.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het dié stap deur die president verwelkom, nadat die minister by verskeie bewerings van korrupsie die afgelope tyd betrek is.

Sisisi Tolashe. Foto: governmentza
Sisisi Tolashe. Foto: governmentza

DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê in die party se verklaring Tolashe se posisie in die Kabinet was onhoudbaar, en sê die president het die regte ding gedoen met die besluit vir haar verwydering uit die kabinet.

Die party het gevra dat ’n permanente aanstelling by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling spoedig gemaak sal word.

Suid-Afrikaners verdien ’n bekwame en geloofwaardige minister wat hierdie kritieke departement met integriteit, stabiliteit en ’n duidelike fokus op die diens van kwesbare mense wat van sy ondersteuning afhanklik is, kan lei, het die DA gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button