67 Minute van omgee vir hulle wat minder het
Kroonvaal Engen 1-Stop personeel het vandag vreugde gebring by Vrystaat Versorging in Aksie in Parys se sopkombuis.
Personeel van Kroonvaal Engen 1 Stop het vandag vreugde gebring vir hulle wat minder het met omgeeharte wat help pak het aan 200 sop-etes vir diegene na wie Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys daagliks uitreik met hul sopkombuis.
Elke houer met sopmengsel wat oorhandig is, kan 4-5 liter sop maak, en het elkeen na wie uitgereik is, ook ‘n pakkie soja maalvleis en ‘n brood saam met hul Jar of Hope-sopmengsel ontvang.




Die vreugde wat hierdie mooi gebaar ter viering van 67 Minute van omgee vir Mandela-dag op hierdie gesigte gebring het, het baie harte geraak terwyl personeel ook tyd gemaak het om te help om die pakkies te kon uitdeel.






Want omgee – is om te gee/



