Local newsNews

Parys WADER gesels oor verantwoodelike ingryping

Kennis is die sleutel tot bewaring en een van die kernfokusareas van Parys WADER.

‘n Witborssuikerbekkie het op 6 Julie ‘n tuiste by Parys WADER gekry nadat hy uit ‘n hond se bek gered is. Ná twee dae onder die sorg van ‘n veearts was dr. Brigitta Wessels tevrede dat dié voëltjie geen beserings opgedoen het nie, buiten dat hy ‘n klomp vere verloor het. Nou word daar by Parys WADER na hom omgesien totdat al sy vere teruggegroei het.


Suikerbekkies eet insekte soos plantluise en vrugtevlieë, met nektar as hul primêre bron van voedingstowwe.Baie navorsing is reeds gedoen oor die samestelling van voedingstowwe in nektar, en daar is verskeie resepte wat deur rehabilitasiesentrums gebruik word, vertel Parys WADER se Marisa Louw.
Anders as wat baie mense dink, is nektar nie uitsluitlik soet nie, sê sy. Sy verwys na ‘n tuisgemaakte nektarresep wat selfs ‘n halwe teelepel Bovril en ‘n teelepel Horlicks bevat.


“Vir mense wat suikerbekkies en ander nektarvreters na hul tuine wil lok, stel ek voor dat hulle die volgende resep gebruik eerder as kommersiële nektar, wat kleur- en preserveermiddels bevat,” sê Marisa.


Tuisgemaakte nektar:


1 teelepel Horlicks
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel heuning
1 eetlepel gouestroop
½ teelepel Bovril
Meng al die bestanddele met ‘n bietjie warm, voorafgekookte water. Voeg daarna een eiergeel en 500 ml voorafgekookte, koue water by.


Die mengsel kan vir tot twee dae in die yskas gehou word, mits die eiergeel eers net voor gebruik bygevoeg word.


Marisa nooi belangstellendes om die maandelikse webinar, Rehabilitation Conversations, by te woon en meer te hoor oor wat agter die skerms by Parys WADER gebeur. Die volgende webinar vind op Woensdag 5 Augustus om 19:00 plaas. Die onderwerp is Ethics, Welfare and When to Intervene.


Nie elke voël wat buite die nes op die grond aangetref word, hoef noodwendig gehelp te word nie. Voëlliefhebbers, studente, bewaringsbewustes en lede van die gemeenskap wat verantwoordelike interaksie met wild en die natuur beter wil verstaan, sal by die praatjie baat.

Die Witborssuikerbekkie wat op 6 Julie 'n tuiste by Parys WADER gekry het. Foto: Parys WADER
Die Witborssuikerbekkie wat op 6 Julie ‘n tuiste by Parys WADER gekry het. Foto: Parys WADER


Kom leer meer oor wanneer ingryping nodig is, byvoorbeeld in gevalle waar ‘n voël beseer is, of wees gelaat is. In sommige gevalle kan ingryping ‘n lewe red, maar soms kan die verwydering van ‘n dier uit sy natuurlike omgewing meer skade as goed doen. Juis daarom is kennis die sleutel tot bewaring en een van die kernfokusareas van Parys WADER, naamlik om deur bewusmaking onnodige opnames by rehabilitasiesentrums te voorkom. Belangstellendes kan vir die webinar registreer by https://wader.parys.co.za/.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button