Local newsNews

parkrunners tooi pers

parkrun is vir almal en kan enigeen gratis aan die weeklikse parkrun-geleenthede deelneem.

Geklee in pers het entoesiastiese parkrunners by die Egweni River Lodge parkrun vanoggend vroue gevier as deel van die landwye parkrun-inisiatief om mense aan te moedig om gedurende die maand pers by parkrun-byeenkomste dra. Of dit nou pers sokkies, ‘n pers das, ‘n tutu of enige ander pers bykomstigheid is.

Met die Hartelus mark wat ook vandag, Saterdag 1 Augustus by Egweni River Lodge gehou is, was dit ‘n kleurvolle feestelikheid aan die soom van die Vaalrivier, wat ook die belangrike rol wat vroue speel, erken het. In die parkrun-gemeenskap is talle vroue betrokke – hetsy as deelnemers, vrywilligers of leiers – vroue wat elke week help om dié gewilde gemeenskapsgeleentheid moontlik te maak.

Die Egweni River Lodge-parkrun se byeenkomsdirekteure, Derek Conlon en Jesper Larsen, nooi die gemeenskap om ook komende Saterdag, 8 Augustus, om 08:00 by parkrunners by die wegspringpunt by Egweni River Lodge in Van Collerstraat aan te sluit, en so Vroudag, 9 Augustus, te vier met die pers parkrun-inisiatief.

parkrun is vir almal

Parkrun is oop vir almal, ongeag ouderdom of fiksheidsvlak. Deelnemers kan stap, draf, hardloop of as vrywilligers diens doen. Hetsy dit as gesin is, met ‘n stootwaentjies of met een hond aan ‘n leiband – jy is welkom om deel te neem.

Deelname is gratis en neem die skilderagtige 5 km-roete van die Egweni River Lodge parkrun deelnemers al langs die Vaalrivieroewer. Deelname is gratis.

Sedert die Egweni River Lodge-parkrun in 2021 begin het, is reeds 239 byeenkomste aangebied met 3 288 eerste keer-deelnemers. Gemiddeld 50 mense neem elke Saterdag aan die plaaslike parkrun deel.

parkrun-byeenkomste maak staat op vrywilligers om die parkrun-byeenkomste te kan aanbied, en is Parys bevoorreg om nie net plaaslike inwoners nie, maar ook besoekers te hê wat bereid is om hul tyd af te staan en as vrywilligers te help,” sê Derek.

Jesper voeg by dat mense maklik deel raak van die parkrun-familie omdat daar altyd nuwe uitdagings is – of dit nou is om mylpale te bereik of om verskillende parkrun-byeenkomste te besoek.

Met Vrouemaand wat aangebreek het, hoop die organiseerders dat nog meer mense hul pers klere sal aantrek en deel sal word van die groeiende parkrun-gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button