Local newsNews

Gemiddeld een persoon elke 11 uur in die VS vermoor

Tendens van geweld eis dringende ingryping.

Die aantal moorde in die Vrystaat het met 4,8% gestyg in die afgelope jaar. Tussen Julie en September 2026 is 197 moorde in die provinsie aangemeld, teenoor 188 gedurende dieselfde tydperk in 2025. Dit beteken dat daar gemiddeld elke 11 uur iemand in die Vrystaat vermoor word.

Die DA het met die bekendmaking van die polisie se misdaadstatistiek vir die tweede kwartaal, gesê dit is nie net die toename in moorde in geweldsmisdaad in die Vrystaat wat kommer wek nie, maar ook die jaar-tot-jaar toename van 38,1% in pogings tot moord.

“Die gelyktydige toename in hierdie misdade dui op ’n kommerwekkende tendens van geweld wat dringende en besliste ingryping vereis,” sê dr Roy Jankielsohn, die DA se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid in die Vrystaatse wetgewer.

Die party het daarom ’n beroep op die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, mnr. Jabu Mbalula, gedoen om dringend uiteen te sit watter maatreëls ingestel word om geweldsmisdaad aan te spreek, sigbare polisiëring te versterk, kriminele netwerke te ontbloot, en onwettige vuurwapens uit sirkulasie te kry.

Die DA het reeds ’n Wetsontwerp op Gemeenskapsveiligheid in die Vrystaatse Wetgewer ter tafel gelê. Die wetsontwerp is daarop gemik om toesig oor en aanspreeklikheid van die polisie te versterk, te verseker dat polisiestrukture verantwoordbaar gehou word en gemeenskappe ’n groter sê te gee oor aangeleenthede wat hul veiligheid raak.

“Inwoners van die Vrystaat het die reg om sonder vrees vir hul lewens en veiligheid te leef. Hulle behoort nie moord en geweldsmisdaad as deel van die alledaagse lewe te hoef aanvaar nie,” het Jankielsohn benadruk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button