Sport
K1 en K2 marathon aangebied
Die Likkewaan-kanoklub in Parys bied op 13 Mei ’n K1 en K2 marathon aan wat om 09:30 sal begin.
Registrasie is reeds om 08:30 en inskrywings kos R90 per roeier.
Deelnemers kan op die CSA-webtuiste registreer of die oggend van die marathon.
Afstande wissel van 3.5km tot 21km in verskillende ouderdomskategorieë.
Hierbenewens is daar ook ’n 7km en 11km pret kanoresies.
Alle ouderdomsgroepe is welkom en daar sal tydens die dag genoeg te ete en te drinke te koop aangebied word.
Vir navrae oor die marathon kan Christo Prinsloo by 082 855 4639, of Herman Vogel by 076 092 2566 geskakel word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



