EntertainmentLifestyle

Maklik en vinnige Mikro besproeiing vir jou tuin

Mikro besproeiing is ideaal vir blombeddings, blombakke en klein tuine. Dit is ook ideaal vir mense wat beperkte water en druk het. Die standaard mikro “nozzle” benodig 70 l/h by 1.5 bar. Die Mikro koppie sal vir jou ‘n 3m sirkel en 1.5m radius lewer. Die verskillende tipe koppies is as volg: (Sien foto) 360° 360° af (Ideaal vir …

Mikro besproeiing is ideaal vir blombeddings, blombakke en klein tuine. Dit is ook ideaal vir mense wat beperkte water en druk het. Die standaard mikro “nozzle” benodig 70 l/h by 1.5 bar. Die Mikro koppie sal vir jou ‘n 3m sirkel en 1.5m radius lewer. Die verskillende tipe koppies is as volg:

(Sien foto)

sss

  1. 360°
  2. 360° af (Ideaal vir rose)
  3. 180°
  4. 90°
  5. “side strip”
  6. Spinner (Spuit effens verder as die standaard)

 

Jy benodig die volgende om die stelsel aan die gang te kry:  ‘n Koppie volgens jou spesifikasies, die swart “spike” en pypie (600mm of 1m standaard met konneksies) vir alles onder R10 (Sien foto).

Al wat jy doen is om jou swart LDPE-lae druk pyp klas3, 15mm of 20mm sal voldoende wees, aan te lê vanaf jou kraan tot waar die lyn moet eindig, jy druk dan jou onderste koppelstuk van jou pypie in jou swart pyp in en plaas jou Mikro waar jy hom benodig.

So maklik soos dit. Jy kan die Mikro’s so 1.5m uitmekaar plaas om seker te maak jy besproei die area so effektief as moontlik.

Die instandhouding is minimaal en kan self gedoen word. Al die dele kan los gekoop word en is maklik vervangbaar.

Inligting verskaf deur: Kleinplaas Pype

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button