SportSport

Volkies stuur Gimmies uit die Pukreeks

In ’n titaniese eerstespan rugbystryd tussen Hoër Volkskool Potchefstroom se rooi, swart en geel truie en Potchefstroom Gimnasium se ligblou kleed, het eersgenoemde met 20-17 koning gekraai. Die wedstryd het op Saterdag, 16 April op die Isak Steyl Stadion in Vanderbiljpark gebeur. Die oorwinning het Gimmies se kanse om die beker te hou verpletter, terwyl …

In ’n titaniese eerstespan rugbystryd tussen Hoër Volkskool Potchefstroom se rooi, swart en geel truie en Potchefstroom Gimnasium se ligblou kleed, het eersgenoemde met 20-17 koning gekraai. Die wedstryd het op Saterdag, 16 April op die Isak Steyl Stadion in Vanderbiljpark gebeur.

Die oorwinning het Gimmies se kanse om die beker te hou verpletter, terwyl Volkies nou na die halfeindstryd vorder.

Die tempo was uitputtend met albei spanne wat heel moontlik die wedstryd kon wen.

Drie punte was al wat tussen die twee spanne gestaan het. Volkies sal vir lank hierdie soete oorwinning onthou en sal alles wil doen om die beker steeds in Potch te hou – hierdie keer wel in ’n trofeekas in die Suiddorp.

Volkies se eerstespan gaan in die halfeindstryd teen Noordheuwel te staan kom. Die wedstryd vind by Hoërskool Die Anker plaas.

Punte:

Volkies: Drieë: Hendrik Weideman en Henry Campher

Doelskoppe: Hanru van Rooyen (2) Strafskoppe: Hanru van Rooyen (2)

Gimmies: Drieë: Jaco Schoeman en Martin Linde

Doelskoppe: Edrich Cronje (2)

Strafskoppe: Edrich Cronje (1)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button