Jy weet jy kom van Potch af as…
Potchefstroom is 'n baie unieke dorp, ons verskil baie van ons buurdorpe.

Potchefstroom is ‘n baie unieke dorp, ons verskil baie van ons buurdorpe.
Ons ry byvoorbeeld nie almal warm gemaakte 3L Ford karre soos in Klerksdorp nie. Tog is daar sekere eienskappe wat baie eie is aan Potchefstromers.
So jy weet jy kom van Potchefstroom af.
1. Jy baie gesondheidsbewus is
Potchefstromers geniet dit om te ‘gym’ en draf en swem en fietsry. Ons eet gesond en maak seker almal weet daarvan. Daar is meer mense in Potch op straat, 17:00 in die middag wat draf as enige ander dorp. Dit is dalk hoekom daar na Potch verwys word as die sport mekka van die provinsie, want 90% van Potch mense is redelik fiks.
2.Jy weet hoe om te kla
Dit maak nie saak of dit ‘n groot probleem of ‘n klein probleem is nie. Die kanse is goed dat ons daaroor sal kla. Ons het al die kuns van kla hier in Potchefstroom verfyn.
3. Jy het al seker gemaak van iemand se titel voor jy met hulle begin praat het
Baie van ons in Potch het al die harde manier geleer om seker te maak of die persoon met wie jy praat ‘n Doktor, Dokter, Dominee of Professor is. Net sodat ons nie die verkeerde titel gebruik en sodoende ‘n groot bakleiery ontlok nie.
4. Jy nie verkeerssirkels verstaan nie
Dit is dalk die feit dat hier nie regtig baie verkeerssirkels in die dorp is nie. Maar ons verstaan nie hoe die goed werk nie. Of ons gebruik nie ons ‘flikkers’ nie of wanneer ons by dubbelbaan sirkels kom is ons alewig in die verkeerde baan. Soms voel dit asof net die verkeersbeamptes verstaan hoe sirkels werk. Tog in alle eerlikheid is ons Potch nie Welkom nie, hoekom moet ons leer om die sirkels te gebruik.
5. Jy aan ‘n ‘clique’ behoort
Mense wat nie van Potchefstroom af kom nie, verstaan nie dat ons liewer saam met ons eie mense wil kuier nie. Dit is net hoe dit werk, Academici saam mekaar, boere saam mekaar en studente saam mekaar. Daar is nog sub kategorieë binne verskillende ‘cliques’ ook wat dit nog moeiliker maak vir nuwe mense om in te skakel.
6. As jy amper meer omgee oor diere as mense
In Potch word diere baie hoog geag, baie hoër as in ander dorpe. Potchefstromers is lief vir ons diere, nie net ons eie troeteldiere nie maar ook al die diere in die dorp. Soms lyk dit ook soos ‘n ‘clique’ van buite af, maar almal werk saam om diere in nood te help.
7. As jy vroue in die ‘gym’ sien met grimering aan
Vroue in Potch hou daarvan om altyd op hulle beste te lyk. Dit maak nie saak of jy werk, kuier of selfs oefen nie. Daar is ‘n tegniek daaraan verbonde wat net Potchefstromers al uitgewerk het, wanneer jy van die werk af kom, haal jy jou werk grimering af en sit jou ‘gym’ grimering aan om te gaan oefen. Jou handoek moet ten alle tye byderhand wees sodat wanneer die grimering begin afloop as gevolg van die sweet kan jy net liggies droogmaak. Moet nooit vryf nie want dan is jou ‘gym’ grimering verwoes.
Soortgelyke Stories
7 Tipe mense wat die Potchefstroom Faebook groep gebruik
5 Fashion crimes Potchefstromers are guilty of








