Koffie van die wêreld op Potch se voorstoep
Hoekom proe sekere koffie skerper of meer voller as ander? Hoe behoort die perfekte koppie boertroos nou eintlik gedrink te word? Is daar iets soos die perfekte koppie koffie? Hierdie vrae is vir Potchefstromers beantwoord by vanjaar se Habitat Lentefees op die Fanie du Toit Sportgronde toe Common Ground Coffee se Francois Voster ‘n koffieproesessie …

Hoekom proe sekere koffie skerper of meer voller as ander? Hoe behoort die perfekte koppie boertroos nou eintlik gedrink te word? Is daar iets soos die perfekte koppie koffie?
Hierdie vrae is vir Potchefstromers beantwoord by vanjaar se Habitat Lentefees op die Fanie du Toit Sportgronde toe Common Ground Coffee se Francois Voster ‘n koffieproesessie verlede Vrydagoggend aangebied het.
Vir baie van die ouer garde in die gehoor is moerkoffie die naaste ekwivalent aan die eksotiese koffies wat ‘n soortgelyke roosterproses volg.
Koffieliefhebbers het die geleentheid gehad om twee soorte koffies naamlik uit Costa Rica en Brasilië uit te toets.
“Sentraal Amerikaanse koffie is gewoonlik hoë kwaliteit koffie met ‘n sterk geur. Brasiliaanse koffie word gekenmerk vir hulle sterkte en voller tekstuur,” noem Vorster.
Koffie verskil ook in sterkte en smaak met party wat byvoorbeeld ‘n sitrus of aardse geur het. Natuurlik is hierdie twee soorte koffies sonder melk en suiker geproe om hule eie unieke smaak te kan waardeer.
Met die eerste reuk van die stomende proesels was ‘n mens dadelik in koffiehemel. Die eerste sluk het hierdie denkpatroon bevestig met salige reuke op die tong van die koffie uit Costa Rica. Dit is ‘n koffie wat gemaklik gedrink en wie se geur vir lank geproe kan word. ‘n Sondagmiddagkoffie in ‘n neutedop.
‘n Bombastiese geur word wel ervaar met die Brasiliaanse koffie wat inderwaarheid ‘n koffielaag in die mond vorm. ‘n Maandagoggendkoffie om skop in jou week te sit.
Altwee goeie koffie wat verskeidenheid vir elke smaak lewer.















