Entertainment

Jonathan van Radio Raps faam in intensiewe sorgeenheid opgeneem

Die komediant en akteur Rikus de Beer, wie in Klerksdorp matrikuleer het, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is in ’n kritieke toestand in ’n Pretoriase hospitaal nadat hy Maandag ’n buikoperasie ondergaan het.

Die komediant en akteur Rikus de Beer, wie in Klerksdorp matrikuleer het,  beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is in ’n kritieke toestand in ’n Pretoriase hospitaal nadat hy Maandag ’n buikoperasie ondergaan het.

Volgens ‘n persverklaring wat op Radioraps se Facebook blad uitgereik is, is hy Maandag oorgeplaas na hoë-sorg en teen Dinsdag na die intensiewe eenheid waar hy gemonitor word.

JacarandaFm berig dat hy galstene gehad het wat na sy lewer en pankreas versprei het maar dokters kon dit nie verwyder nie want daar was komplikasies.

“Sy mediese span is tevrede en sê sy toestand is ernstig, maar bestendig. Die bestuurspan vra verskoning vir ongerief rakende optredes wat geskuif is, maar wil hom graag gou weer sterk en gesond sien,” lui die verklaring

Sy beplande optredes vir die volgende drie weke is uitgestel en die nuwe datums sal binnekort bekendgemaak word.

Hy het in 2014 sy YouTube-debuut as Jonathan van Radio Raps gemaak. Sy snaakse video’s het ’n internetsensasie geword en dit was die begin van sy loopbaan as komediant en akteur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button