Entertainment

Wen kaartjies vir dié Aardklop-produksie

Die Herald kry dubbelkaartjies vir Die voordele van eierwit om aan vier gelukkige lesers te gee.

Die voordele van eierwit, ’n produksie met Marion Holm en Margit Meyer Rödenbeck sal van Dinsdag, 24 September tot Saterdag, 28 September by Aardklop te siene wees.

Kyk… as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge… Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit Borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n Vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit – is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir ‘n oomblik stop. Wat gebeur dan?

Marion en Margit was laas saam te sien in ‘n “two hander” in die produksie Jong Dames Dinamiet van Hennie van Greunen in 2003. Na jare se dreig om weer ‘n produksie saam aan te pak, is dit nou sulke tyd.

Die produksie word ondersteun deur Nati; LW Hiemstra Trust, Clemengold en Tygervallei Winkelsentrum.
Teks is deur Retief Scholtz en regie deur Tara Notcutt. Mariska Meyer is die tegniese regisseur.

Wat sê bekendes wat die vertoning by die KKNK bygewoon het?

“Twee uitsonderlike aktrises wat jou laat lag en huil… eerlike spel en ‘n fyn afgeronde produksie. Beslis ‘n hoogtepunt by KKNK” – Hannes van Wyk (akteur en Kwêla aanbieder).

“Margit en Marion. Baie geluk met ’n professionele, deurdagte en heerlike produksie! Julle skep karakters wat ons herken, wat ’n storie vertel waarmee talle mense kan identifiseer. Saam met die reuse gehoor het ek my gate uit geniet.

“Een gehoorlid langs my het haar so ingeleef dat sy sommer vir my ook ’n snesie aangebied het – wat meestal vir lag, maar soms vir huil nodig was. (Ek gaan egter twee keer dink voordat ek saam met een van julle in ’n hysbak klim)” – Alexa Strachan (aktrise en Aardklop feesdirekteur).

Die voordele van eierwit sal by die Totiussaal by die NWU se Potchefstroomkampus in die volgende tye uitgevoer word:
Dinsdag, 24 September om 09:30
Woensdag, 25 September om 17:00
Donderdag, 26 September om 09:30
Vrydag, 27 September om 20:00
Saterdag, 28 September om 12:00
Kaartjies kos R150 en is by Ticketpro.co.za beskikbaar.

Die Herald kry dubbelkaartjies vir Die voordele van eierwit om aan vier gelukkige lesers te gee.
Om te wen, beantwoord die volgende vraag:

Watter twee bekende aktrises speel saam in Die voordele van eierwit?

• Stuur jou antwoord, gevolg met jou naam, van en selfoonnommer per e-pos na marianke.saayman@media24.com
• Die kompetisie sluit Sondag, 15 September om 14:00.
• Vier wenners sal willekeurig getrek word, elkeen sal twee kaartjies wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button