Entertainment

Wen Aardklop-kaartjies met Dowwe Dolla

Die Herald gee twee dubbelkaartjies vir elk van Dowwe Dolla se vertonings tydens Aardklop weg! Dit is tien dubbelkaartjies, so maak seker jy is een van die wenners.

Dowwe Dolla: Nou of Nooit sal van 24 tot 28 September by Aardklop te sien wees.

Die kalf is in die put, Cyril is in die middel, maar Ace is nog in die kombuis. Eskom se volgende reddingspakket is ‘n hamper met Blitz en charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ‘n lang kuier… wat alles beteken Suid-Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla die feesflerrie kom vier haar 21ste deur te premiere by Aardklop 2019.

Sy gaan terug na haar blonde wortels en bring ‘n “live” pianis, Coenraad Rall saam vir hierdie komedie-kabaret. Soos oudergewoonte word die rol van Dolla en Ouma Dowe Dolla steeds deur Margit Meyer-Rödenbeck vertolk. Die teks en regie word deur Jurgen Human behartig.

Die Herald gee twee dubbelkaartjies vir elk van Dowwe Dolla se vertonings tydens Aardklop weg! Dit is tien dubbelkaartjies, so maak seker jy is een van die wenners.

Om te wen, beantwoord die volgende vraag:

Watter pianis gaan saam met Dowwe Dolla by Aardklop optree?

• Stuur jou antwoord, gevolg met jou naam, van en selfoonnommer per e-pos na marianke.saayman@media24.com
• Die kompetisie sluit Sondag, 15 September om 14:00.
• Tien wenners sal willekeurig getrek word, elkeen sal twee kaartjies wen.

Datums en tye vir vertonings is soos volg:

Dinsdag 24 September om 16:00

Woensdag 25 September om 20:00

Donderdag 26 September om 12:00

Vrydag 27 September om 14:00

Saterdag 28 September om 15:00

Dowwe Dolla. FOTO: Robert Hamblin
Dowwe Dolla. FOTO: Robert Hamblin

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/64784/wen-kaartjies-vir-die-aardklop-produksie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button