
Ek lê in die donkerte
Dit is pik donker
Al wat ek sien
Is die ver verlate sterre wat dof glinster
Maar dit word oordonder
Deur die stad se brandende ligte
Alles wat eens mooi was
Verpletter om pad te maak vir die toekoms
Hoe ironies kan dit wees
Dat die mooi moet sterwe
Vir die toekoms om te lewe
Gras groen velde
Verruil
Vir tronkagtige geboue
Dit is donker waar ek nou lê
Ek sien een ster wat in die verte brand
Of wag
Dit is maar net nog n straatlig
Wat eenkant op sy eie aanhou brand
So draai die wêreld
Een brandende straatlig op n slag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



